Quantcast
Channel: Onderlangs – LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 72

Weet van beter

$
0
0

Ek was jonk, met my hart op my mou
Gedink jy’s die een van wie ek altyd sal hou
Min wetend die verliefdheid sou my vasvang
Min wetend ek sou ‘ons’ so verlang.

Jy was daar vir my, wanneer dit jou pas
Gesê jy’s lief vir my – het jy geweet wat liefde was?
Want hoe meer ek vir jou doen
hoe meer wou jy haar soen.

Nou wens ek, ek’t liewer geluister
dat ek deur jou kon sien

Toe jy sê jy gaan verander
en ek vanuit hoop bly vasklou
Toe jy jok oor gister
moes ek weet van beter
as om aan jou woorde te kou

Maar elke keer misbruik jy die kans
en is dit weer ek wat om jou pype dans
Oor en oor het jy gesê jy probeer
maar oor en oor kry ek die seer.

Bereid om my lewe rondom jou te beplan
pleks ek’t vroeër laat gaan

Toe jy sê jy gaan verander
en ek vanuit hoop bly vasklou
Toe jy jok oor gister
moes ek weet van beter
as om aan jou woorde te kou.

The post Weet van beter appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 72


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>