Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately. |
Dit was ons eerste uitstappie saam bosse toe. Elke dag het almal hard gewerk en ek was trots op jou. Jy het ekstra hard gewerk en als het goed gegaan. Dit was winter en alhoewel dit warm was in die dag was dit vrek koud in die nag. Die tent waarin ons geslaap het was nou ook nie van die beste kwaliteit nie.
Die aand word ek wakker toe ek voel hoe iemand hier langs my inkruip. Ek vra toe wat fout is en jy sê toe dat jy erg koud kry. Ek skuif op en maak plek vir jou en trek jou kombers ook oor ons. So draai ons toe gemaklik en lê lepel terwyl ek jou lekker vas hou. Salig hoor ek hoe jy aan die slap raak en nie te lank nie toe is ek ook in droomland.
Vroegoggend word ek wakker van ‘n abnormale beweging. Ek moes eers mooi fokus wat aangaan want ek was diep aan die slaap. Ek voel hoe jou boude hier in my lies sulke rolbewegings maak en heen en weer skuur teen my. Met ‘n skok besef ek dat ek ‘n stokstywe horing aan my het. Ek dog toe jy slaap nog en net toe ek bietjie wou weg skuif vra jy saggies “O, is jy uiteindelik wakker?” Ek sê toe skaam ek is jammer as jou gepla het en jy antwoord toe “Nee wat, dit is wonderlik om met so stywe penis so hard teen my wakker te word, ek dink ek het jou wakker gemaak,” met ‘n giggeltjie.
Jy waarsku my toe ook weer dat ons moet saggies wees want die ander slaap nog in die kamp. Na ‘n kort rukkie van die onderlyf se geskuur teen my draai jy toe om. Jy vat my toe om die nek en begin om my vurig te soen. Ek druk jou styf vas teen my en beantwoord jou soene met passie.
Ek draai toe op my rug en trek jou saam bo-op my. Ons passie word nie vir ‘n oomblik onderbreek nie. Ek druk toe my hand onder jou toppie in en vryf jou oor die rug en die ander hand voel ek op jou boude. Hemels!
Na ‘n rukkie trek ek toe jou toppie uit en jy sak weer af tot jou tepels my kaal bolyf net raak. Ek gryp na jou borste maar jy sê nee ek moet los. Stadig begin jy om jou borste op en af te trek oor my maag en bors sodat net jou tepels raak. Ek dog ek gaan ontplof en elke keer as ek jou wil vasdruk sê jy nee, los. Ek moet myself dwing om jou nie vas te gryp nie.
Toe sak jy af en begin met jou tong oor my bors te gly. Toe is dit my tepels se beurt en dinge raak toe amper te veel vir my. Ek gryp jou toe vas en soen jou ernstig op jou mond, in die nek en begin om jou oor te knibbel.
Ek voel hoe jy jou lyf skuif wydsbeen bo-oor my en toe hoe jy jou koekkie styf vasdruk teen my stokstywe penis. Jy het nog jou sybroekie aan en ek is nog in my onderbroek. Stadig begin jy om jou onderlyf op en af en heen en weer te beweeg sodat daar wrywing is op my meneer. Jou soene begin ook meer intens raak en jy begin sulke fyn kreungeluide maak. Dit gaan so rukkie aan en jou koekie wat so gly en beweeg oor my kloppende penis is besig om my mal te maak. Toe begin jy al hoe vinniger te beweeg en dieper asem te haal. Skielik gryp jy my styf om die nek met jou naels wat diep in my vel insteek, jy byt die kussing langs my kop vas en ek kan hoor hoe jy gil in die kussing sodat niemand jou kan hoor nie. Jou hele lyf voel of dit in spasma in gaan en jy koekie beweeg styf met sulke rukbewegings teen my penis.
Dit was net te veel vir my en ek voel hoe ek ontplof in die onderlyf. Als raak dof om my en ek maak sulke rukbewegings soos ek kom. Dit is so lekker dat ek vir ‘n oomblik wens dit hou nie op nie. Ek hou jou so styf vas dat ek agterna gedink het ek het jou amper doodgedruk.
So lê ons uiteindelik stil vir ‘n lang ruk, nie een sê ‘n woord nie. Salig styf in mekaar se arms besig om, teen ons wil, te probeer terugkom na die werklikheid toe.
Na ‘n ruk van net so lê hoor ons hoe die res van die kamp begin woelig raak en besef ons sal moet begin rigting kry. Jy staan toe van my af op en ons twee kyk na mekaar en skielik begin ons altwee te giggel soos twee skoolmeisies. Ons altwee lyk of ons in ons broeke gepiepie het! Eksoties!
The post LêNet: In die tent appeared first on LitNet.